A review by taniabotes
Kobra by Deon Meyer

4.0

Deon Meyer se boeke is amazing, en Kobra is een van my gunstelinge. Die karakters is almal volrond met unieke stemme, soveel so dat jy hulle mis aan die einde van die boek. Ek het veral die cape flat stemme van uncle Solly, Tyrone en Cupido geniet. Never trust a phone company that makes fridges, pappie. Sy beskrywing van Kaapstad en omgewing laat mens ook sommer voel of jy daar is.
Sy uitbeelding van SA se huidige politieke situasie is hartseer, maar 100% akuraat. ...maar nou voel dit weer soos in die ou dae. 'n Regering wat stadigaan verrot. En dit is aansteeklik. Al hoe meer polisiemanne vang sotlikhede aan en daar's al hoe meer wanbestuur, korrupsie en gierigheid... Hy verwys gereeld na dinge wat onlangs in die nuus was, en dis nice om 'n storie te lees waarin iemand nie bang is om iets te roep soos hy dit sien nie. Definitief nie polities korrek nie, maar baie real.
Laastens was die storie self boeiend en ek kon nie die boek neersit nie, ek het dit in twee dae deurgevlieg. As jy nog nie 'n Deon gelees het nie, beveel ek aan dat jy met Infanta, die eerste van die Bennie Griessel boeke begin. You'll never look back.
Die lewe is een lang proses van ontnugtering, om jou te genees van die fabels van jou jeug.