A review by lukecalderauthor
Mosela en die drie koninkryke by Luke Calder

5.0

Hierdie boek het 'n bietjie anders as gewoonlik begin, want ek het eers al die karakters geteken en later gedink om 'n storie daaroor te skryf. Maar ek is bly ek het die moeite gedoen want elke keer as ek hierdie boek lees voel dit asof ek op 'n hele reis saam met Mosela gaan.

Hierdie roman is a tipiese diere-fantasie, maar met 'n unieke Suid-Afrikaanse geur. Al die diere is inheemse diere en hulle aksente sal ook baie bekend wees. Dit is eers in Engels geskryf en toe is dit vertaal deur my lieflike vrou. Sy was altyd naby tydens die skryfproses en het sekergemaak die Afrikaanse weergawe is so na as moontlik as die oorspronklike roman.

Ek het die hele proses so baie geniet en ek hoop almal van julle wat hierdie klein boekie optel sal dit ook koester.