A review by taniabotes
Donkerdrif by Deon Meyer

5.0

Elke jaar kan ek nie wag vir die nuwe Deon Meyer publikasie nie, maar maak nie saak hoe hoog my verwagtinge is nie, ek word nooit teleurgestel nie. Donkerdrif is nog 'n eksie-perfeksie hoofstuk in die Bennie Griessel reeks, en ek was vasgevang van die aksiebelaaide opening tot die laaste bladsy.

Eerstens is ek gek oor Bennie en Cupido. Hulle hegte vriendskap was regtig goed in hierdie boek uitgebeeld. Die dialoog tussen die twee partners voel baie eg en het my gereeld hardop laat skater.

Suid-Afrika met al sy probleme - veral die ewige korrupsie - word perfek beskryf. Alhoewel ons almal moedeloos voel, herinner Deon ons dat daar nog miljoene goeie, eerlike en hardwerkende mense in ons mooie land is.

Laastens het ek die feit dat die idees vir die sake in Donkerdrif gebaseer is op regte gebeurtenisse (Steinhoff en Christian Lodewyk Prinsloo) verskriklik geniet, en het ek amper soveel gegoogle as wat ek gelees het om uit te vind wat is fiksie en wat is feit. Maar wat hierdie outeur een van die bestes in die wereld maak is nie net sy karakters, sy humor, sy zeitgeist of sy navorsing oor historiese sake nie, maar hoe hy hierdie sake aan mekaar kan verbind, met uiteindes wat niemand ooit kon voorspel het nie.

Deon Meyer is in 'n klas van sy eie. En nou begin die laaang wag tot einde 2021...